Grace and Truth

This website is under construction !

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- 09. Comparisons -- 4.09 Seventh Commandment: Do Not Commit Adultery
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic? -- Armenian? -- Azeri? -- Bulgarian? -- Cebuano? -- Chinese? -- English -- Farsi? -- French -- German -- Gujarati? -- Hebrew -- Indonesian -- Norwegian? -- Polish? -- Russian -- Serbian? -- Spanish? -- Tamil -- Turkish? -- Uzbek -- Yiddish? -- Yoruba?

Next part -- Next part

09. VERGELYKINGS TUSSEN ISLAM EN DIE CHRISTELIKE GELOOF
Vergelykings 4 - Die Tien Gebooie

4.09 -- SEWENDE GEBOD: MOENIE EGBREEK PLEEG NIE



"Jy mag nie egbreek nie." (Eksodus 20:14)


4.09.1 - Die Institusie en Doel van die Huwelik

God het die mens na Sy beeld geskape, manlik en vroulik het Hy hulle geskape. Hy het gekies dat beide Sy beeld sou reflekteer, dat beide op dieselfde geestelike vlak is. Mans en vrouens se verhouding met God is die geheim van hul waarde en waardigheid.

God het een vrou vir een man gemaak, nie twee, drie of vier nie. God is die derde persoon in die regte huweliksverbond. Hy maak beide huweliksmaats een van hart en doel, korrigeer albei en maak hulle geestelik gelyk. Hy lei hulle om ‘n opofferende lewe te lei waar Sy liefde die perfekte band is. Hy wat God lief het, het sy huweliksmaat lief. Die Here bind twee selfsugtige mense aan mekaar met die intensie dat beide hul selfsug sal oorkom deur die krag van Sy sagmoedigheid.

God het die vrou uit die man gemaak, nie andersom nie. ‘n Joodse rabbi het verduidelik dat die Skepper nie die rib uit die man se kop gehaal het nie, sodat die vrou nie gesag oor die man sou hê nie. Hy het dit ook nie uit sy voet geneem nie, sodat hy haar sou vertrap nie. Hy het dit uit sy sy geneem sodat sy langs hom mag staan, hom help, hom volkome maak en sy laste help dra.

Voor die mens se val in sonde was die vrou se naam isha, die vroulik van die Hebreeuse ish, ‘n man, waar die -a die enigste Semitiese einde en vroulike vorm is in beide Arabies en Hebreeus. Sy is in alles en in al haar regte gelyk aan die man. Geen wonder ‘n man sal sy vader en moeder verlaat om aan sy vrou te kleef nie, nie andersom nie. Baie het nodig om ‘n jong man toe te laat om sy familie te verlaat om in vrede met sy vrou te leef. Beide moet ‘n onafhanklike gesin begin om hul lewens saam in die teenwoordigheid van God te spandeer, om ‘n stabiele eenheid van gees, siel en liggaam te vorm. Seksuele liefde en begeerte is goeie gawes van God om die huweliksverhouding te bewaar met die intensie om kinders te hê volgens God se genade. God het nog nooit die seksuele liefde in die huwelik as onrein beskou nie, maar geseën en geheilig solank as wat huweliksmaat getrou is aan mekaar en God.


4.09.2 - Permanensie van die Huwelik

Die huwelik was verwring toe beide man en vrou weggedwaal het van hul gemeenskap met God. Die mens se val in sonde het in sy siel en gees begin, nie in die liggaam nie. Die mens is besmet deur die trots van die bose een. Man en vrou wou soos God wees. Die versoeking het in die mens se gedagtes en wil begin en het gelei tot groot straf wat alle aspekte van die lewe verwring het. Die vrou is aan die man onderdanig gemaak en kon nie langer verstaan hoe om die lewe op haar eie te hanteer nie. Die vrou sou geboorte gee met baie pyn terwyl die man hard sou werk in moeilike omstandighede. Die dood het sedertdien die loon van die sonde geword.

Die mens se val in sonde het die huwelik radikaal beïnvloed, maar monogamie het steeds aanhou bestaan na die mens se rebellie teen God. Ongelukkig het die mans in die Ou Testament begin om verskeie vroue te hê wat hulle baie probleme besorg het. Hulle het ook baie ellende vir hul nageslag veroorsaak deur God nie in monogamie te gehoorsaam nie. In Ismael, Abraham se eersgeborene, wat in Islam beskou word as die vader van alle Arabiere en Moslems, sien ons die klassieke voorbeeld van die verlengde ellende wat begin het by Abraham se ongehoorsaamheid aan God. Dis geen geheim dat die oorloë tussen die nageslagte van beide broers van een vader, die Nabye Ooste tot vandag toe skud nie.

Jakob het kinders by sy gunsteling vrou Ragel gehad asook by sy eerste vrou Lea en later selfs by sy byvroue. Dawid het ‘n moordenaar geword nadat hy verlief geraak het op ‘n getroude vrou, maar hy het opreg tot inkeer gekom. Baie sondig soos Dawid, maar min het berou soos hy! Ons behoort almal Psalm 51 te memoriseer en die ware berou navolg van hierdie man van God. Die wyse Salomo was dwaas en onwys toe hy honderde heidense vroue geneem het en hulle toegelaat het om hul vreemde gode aan sy nasie voor te stel. Hierdie afgode het sy mense van die getroue God laat wegval.

Poligamie is nooit afgeskaf, selfs tot vandag toe, in Israel nie. Jode wat van Arabiese lande emigreer kan al hul vroue hou. Egskeiding en hertrou is wettig as die eerste vrou nie geboorte gee aan seuns nie.

Hoewel God poligamie in die Ou Testament verdra het en die oortreders die gevolge van hul sonde laat beleef het, het Hy verklaar dat die owerspelige partye gestenig moet word (Levitikus 20:10-16; Deuteronomium 22:22-26). ‘n Mens sidder by die lees van die lys van boetes in die wet van Moses vir die verskillende vorme van owerspel wat steeds vandag in privaat en in die publiek gepleeg word. Selfs in families en stamme vind seksuele praktyke plaas wat die doodstraf verdien. Daar is geen verdraagsaamheid van homoseksualiteit in die Bybel nie; dit was ook met die dood gestraf. Meer afskuwelik as dit alles was mans en vrouens wat seksuele omgang met diere het. Geen vorm van seksuele omgang word deur God toegelaat behalwe in die raamwerk van ‘n huwelik tussen man en vrou nie. Wie hierdie instelling deur God weerstaan is onder die vloek en veroordeling van God. Die wêreld het altyd ware, aanhoudende bekering nodig asook reinheid in hart, gedagte en daad.


4.09.3 - Die Lyding Weens Egbreek

Egbreek begin nie gewoonlik wanneer een persoon met ‘n ander seks het nie, maar word voorafgegaan deur ‘n geleidelike skeiding van God en gevolglik ook van die huweliksmaat. Wie in gemeenskap met God bly het ‘n dieper en meer volwasse liefde vir hul lewensmaat en sal nie onder enige omstandighede egbreek pleeg nie. Dit is waarom egbreek gewoonlik voorafgegaan word deur die agteruitgang van geestelike, emosionele en fisiese gemeenskap opeenvolgend. Paartjies hou nie meer van mekaar nie en sink al dieper in die gat van sonde.

Huweliksontrouheid begin meestal in die gedagtes. Verleidelike beelde in die gedagtes wat nie ontwortel en bestraf word in die naam van Jesus nie, word ‘n dodelike web van verstrengeling. Die mens sal uiteindelik hierdie onrein drome verwesenlik en doelbewus sondig. Die ander persoon mag tot sonde verlei word totdat beide in versoeking val sonder veel weerstand. Die gewete mag gepla word in die begin, maar soos rebellie toeneem sal die hart verhard, en word egbreek nie net ‘n gewoonte nie, maar ‘n dwang. Van die begin af weet die egbreker egter dat sy aksies onrein is. Hy wat begin sondig moet daarmee voortgaan. Sonde word ‘n dryfkrag vir die persoon wat homself daarvoor oopstel. Dank aan die Here dat daar egter hoop is vir vryheid van sonde. Jesus sê, "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is... As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees" (Johannes 8:34-36). Die genade en gees van die Here Jesus Christus reik tot in die diepste dele van die menslike gewete en dit kan ons heeltemal reinig en genees. Sommige pyn en versoeking sal steeds bly, maar die bloed van Jesus Christus reinig ons van alle sonde en bemagtig ons om versoeking te oorkom. As die Seun van God iemand vrymaak, dan is hy inderdaad vry.


4.09.4 - ‘n Verbeterde Huwelik in Jesus

Jesus het monogamie bevestig en die verbintenis van man en vrou in ‘n lewenslange verhouding bevestig (Matteus 19:4-6). Hy het sy opponente geantwoord en gesê, "Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie" (sien ook Markus 10:1-12).

In hierdie verse bevestig Jesus die soort drie-eenheid wat daar tussen God, man en vrou bestaan wat Hy met die Heilige Gees geseel het in die harte van Sy volgelinge. Hy het ons gees, siel en liggaam geheilig en ons toegelaat om die tempel van die lewende God te wees. Ons kan iets van ‘n klein paradys ontwikkel in ons huwelikslewe waar die Here woon en heers. Die vergifnis van sonde deur die bloed van Jesus gee ons ‘n siel, ‘n rein liggaam en skep ‘n vars atmosfeer in die hele gesin. In Christus kry die huwelikslewe ‘n nuwe betekenis, ‘n geseënde kwaliteit en ‘n nuwe doel. Die goue reël is dat ‘n Christen nie met ‘n nie-Christen sal trou nie en verhoed sodoende menige probleme. Om Jesus lief te hê is om jou lewensmaat lief te hê en hom of haar getrou te dien tot die dood julle skei.

Nie Jesus of Sy apostels het weggedoen met die man se passie en geneentheid tot die vrou nie. Hulle het nie die vrou se onderdanigheid aan die man gekanselleer nie en tog lei die Heilige Gees paartjies tot nederigheid en sagmoedigheid in alle areas van die lewe. Die apostel Paulus het elke man beveel om sy vrou lief te hê net soos Jesus Homself vir Sy kerk opgeoffer het. Ware liefde beteken nie om onbeteueld aan drange toe te gee nie, maar om jou lewensmaat in wedersydse respek te dien. Selfbeheersing kom van die Heilige Gees sodat die huwelik nie gaan oor seksuele bevrediging nie, maar diens aan mekaar wat God verheerlik.


4.09.5 - Die Huwelik in die Nuwe Testament

Jesus het ‘n hoë standaard gestel vir reinheid van gees, siel en liggaam toe hy gesê het: "Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het" (Matteus 5:28). Volgens hierdie standaard is alle mans skuldig aan sonde voor ‘n heilige God. Ons moet ons seksuele sonde eerlik aan God bely want niemand is regverdig voor God nie. Ons almal het ‘n gebroke gesindheid nodig voor die ewige Regter wat terselfdertyd die sagmoedige lam van God is wat die sonde van die wêreld gedra het. Elkeen wat na Hom draai sal geregverdig word, gereinig en geheilig, solank as daar tyd is vir redding.

Toe die ouderlinge van die volk ‘n vrou wat in owerspel gevang is na Jesus toe bring, het Hy nie haar sonde verskoon nie, maar nadat Hy die ouderlinge oor hulself laat dink het, het Hy beveel dat sy gestenig word volgens die Wet. Hy het wel ‘n klein vereiste bygevoeg: die man wat nog nie gesondig het nie, moet die eerste klip gooi. Almal se gewetens het hulle aangekla, selfs die hoë priesters, ouderlinge en apostels van Christus. Almal het een vir een stilletjies weggeloop, totdat net Jesus en die vrou agtergebly het. Jesus was die enigste een wat haar kon stenig omdat Hy geen sonde gedoen het nie, maar Hy doen dit nie. Hy sê aan haar om huis toe te gaan en nie meer te sondig nie. Het Jesus die wet oortree deur haar nie te stenig nie? Nee! Hy het haar sonde op Homself geneem en daarvoor gesterf. Hy het dus die reg gehad om haar sonde te vergeef. Slegs die dood van Jesus aan die kruis het die egbreker vrygespreek van veroordeling. Almal wat egbreek pleeg in gedagte, woord of daad sal verlossing vind in slegs Jesus wat gekruisig is.

Jesus het egskeiding verbied en die blywende eenheid van die huweliksmaats bevestig. Almal wat oorweeg om in die huwelik te tree behoort baie oor hierdie stap te bid. Die man behoort te vra, “Is sy die een wat deur God vir my gegee is of kies ek haar uit selfsugtige begeertes? Is ons aanpasbaar in terme van ouderdom, temperament, talente, opvoeding en familie? Staan die ander persoon vas in die Drie-Enige God of is daar slegs ‘n oppervlakkige verhouding met God?” Sulke vrae en ander moet biddend oorweeg word voor ‘n huwelik voltrek word. Om ‘n verlowing te verbreek is beter as ‘n huweliksverbond waar die paartjie nie bymekaar pas nie.

Seksuele omgang voor die huwelik moet ten alle koste vermy word. As jy jou verloofde lief het, dan sal jy haar eer en nie haar gewete skend of onteer nie. Niemand kan seker wees dat hulle sal leef tot met hul troue nie. ‘n Jong man moet selfbeheersing aan die dag lê in voorbereiding vir die huwelikslewe. Wat as jou vrou so siek word dat sy nie seks kan hê nie? Liefde gaan nie net oor plesier nie, maar benodig selfverloëning en opoffering. As iemand sê dat hulle nie kan wag tot die troue nie, dat moet hulle liewer nie trou nie, want hulle sal waarskynlik ook nie later getrou bly nie. Christus het ons geroep tot selfbeheersing, nie seksuele vergryping nie. Dis in kontras met wat op televisie en in sommige ander godsdienste verkondig word.

Seksuele begeerte is nie onrein in opsigself nie; dit is ‘n gawe van God waarvoor ons dankbaar behoort te wees. Die mens moet egter sy begeertes beheer en nie ander in die versoeking lei nie. Oor ‘n volwassene wat ‘n kind misbruik sê Jesus: "elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat 'n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see" (Matteus 18:6). Swaar straf wag op so ‘n persoon. Enigeen wat kinders misbruik kan nie die Koninkryk van God beërwe nie, totdat so ‘n persoon opreg bekeer en heeltemal met sy sonde breek. (1 Korintiërs 6:9-11). Ware liefde doen niemand leed aan nie.

Meisies moet ook voorbereid wees vir hul lewensmaat soos hulle Jesus volg. Dit is nie maklik in tye van onbeskaamde films, vulgêre tydskrifte en wrede televisieprogramme nie. ‘n Goeie Christelike gesin of Christus-gesentreerde jeuggroep kan meehelp tot die geleidelike ontwikkeling van gees, siel en liggaam. Hoe gouer ‘n meisie haar aan Jesus onderwerp, hoe beter. Sy sal opgroei en beskerming geniet in alle versoekings. ‘n Jong vrou hoef nie ‘n man te soek met rykdom of baie geleerdheid nie, sy moet egter in staat wees om die nuwe hart by ‘n jong man te onderskei en of hy sy werk getrou en ywerig doen. Die vrug van die Gees is belangriker as manlike aantreklikheid.

Ons moet onsself egter nie mislei nie: die slang was selfs in die paradys te vinde. Daar is geen veiligheid of vrede in die mens se lewe sonder om aan Jesus oor te gee en in Hom te bly nie. Hy is die enigste een wat ons kan help om versoekings te oorkom. Aangesien niemand sonder sonde is nie, behoort ons ons sonde en oortredings aan Jesus te bely. As ons traag is daarmee, dan sal die sonde oorneem. Draai na die Here en Hy sal jou onmiddellik vrymaak. Vlug na Hom elke keer as jy in die versoeking kom.

‘n Huwelik behoort in die naam van Jesus voltrek te word en as dit moontlik is ook as ‘n seremonie in die kerk waar ‘n geseënde lewe verwag word. Geld, klere, gesondheid en wêreldse waardes is nie die kern van die huwelikslewe nie, maar die Here en Sy Woord waarborg genade op genade vir ‘n getroue paartjie. Jesus sê, "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word" (Matteus 6:33). Selfs in die geval van impotensie en onvrugbaarheid kan ‘n huwelik suksesvol wees. Die paartjie kan ‘n spesiale seën en Goddelike wysheid op baie maniere ontvang deur hul diens aan Jesus. Hulle kan kinders aanneem of liefdadigheidswerk vir die Here doen. As die huwelik egter sonder God beplan is, dan is huweliksontrouheid en egskeiding te wagte omdat ongelowiges selde geleer het om hulself en hul selfgesentreerde leefstyl te verloën. Wie slegs vir ‘n kort tydjie getroud is of wat saambly vir ‘n vasgestelde tyd of op proefbasis, verstaan nie die sielkundige en biologiese geheime van ‘n man en vrou nie en het ook nie ontsag vir God nie. Vryheid sonder gehoorsaamheid van geloof is ‘n oop deur na wetteloosheid. Integriteit is die basis van elke samelewing, so moenie die Here jou God, jou Skepper, versoek nie. Die Heilige Gees laat nie onreinheid, prostitusie, suggestiewe kleredrag, vuil grappe, oormatige eet, dronkenskap of dwelmgebruik toe nie. Hierdie is tekens van dekadensie wat die hart onteer, die gedagtes vergiftig en die liggame van miljoene mense vernietig. Ons leef onder die gesag van die duiwel wat die prins van hierdie wêreld is, of ons leef in Christus, die enigste Verlosser wat ons in ons swakheid versterk. Ons wêreld het baie materialisties geword en is nie gereed om volgens die waardes van gelowiges in Jesus Christus te leef wat Sy reinheid en heiligheid geërf het nie.


4.09.6 - Die Huwelik vanuit ‘n Moslem se Standpunt

Islam bied spesiale wette in Sjaria vir die huwelik en voer aan dat Europa en Amerika slegs uit hul morele verval kan opstaan as hulle Sjaria aanvaar.

Mohammed het sy volgelinge toegelaat om tot vier vroue te hê. Hy het selfs die mut’a huwelik toegelaat wat vir ‘n kort tydperk en vir ‘n bepaalde bedrag geld voltrek word (Soera al-Nisa 4:4,24). Sy volgelinge was avontuurlustige vegters en ervare handelaars. Hulle was dikwels van hul huise af weg en wou hul behoefte aan seksuele omgang bevredig. Selfonthouding en selfverloëning was nie vir hierdie mans in Islam belangrik nie. Die stigter van Islam het wettiglik met dertien vroue getrou, om nie eers te praat van sy Joodse, Christelike en heidense byvroue nie.

In die meeste Islamitiese lande is ‘n man geregtig om sy vrou te skei sonder rede. Hy kan weer met haar trou binne twee maande sonder om weer ‘n bruidsprys te betaal as hy spyt kry omdat hy haar geskei het. Selfs ‘n tweede egskeiding en tweede huwelik is wettig. As ‘n Moslem egter sy vrou vir die derde keer skei, dan kan hy nie weer met haar trou behalwe as sy eers weer amptelik getroud was met ‘n ander man nie. As die laaste man haar ook geskei het, dan kan haar eerste man weer met haar trou. So ‘n vrou is nie veel meer as ‘n meubelstuk nie en word nie beskou as haar man se gelyke in respek, regte en verpligtinge nie. So ‘n paartjie leef nie in geestelike eenheid om probleme saam te oorkom nie.

‘n Moslemman is soos ‘n patriarg in sy eie gesin wat geregtig is op tot vier vroue. Die vereiste is egter dat hy hulle almal ewe lief moet hê. As hy vir een vrou ‘n geskenk gee, dan moet hy dit vir almal doen. As die kind van een vrou nuwe klere kry, dan moet hy vir al die kinders van al die vroue nuwe klere van dieselfde gehalte koop. Vir ekonomiese redes trou die meeste Moslems daarom nie met meer as een vrou nie. Tog word poligamie steeds in alle Islamitiese lande behalwe Turkye en Tunisië wetlik beoefen. ‘n Bejaarde vrou word dikwels uit die huis geskop om plek te maak vir ‘n jonger, mooier een. Wanneer ‘n man meer as een vrou het, dan is daar baie jaloesie en afguns. As gevolg van sy ervarings met vroue het Mohammed vroue beskryf as ‘n bron van huishoudelik kwaad en aangevoer dat hulle nie verstand het nie en min begrip van godsdiens (Masud Ibn Hanbal II, 373). Hy het haar ook soms vergelyk met ‘n donkie wat nie in staat is om die laste van die gesin te dra nie en gesê dat ‘n nasie wat deur vroue regeer word agteruit sal gaan.

Die Koran en die Hadith leer dat ‘n man geregtig is om sy vrou te dissiplineer. Hy moet haar eers waarsku (as hy bang is vir haar rebellie), dan kan hy weier om saam met haar te slaap en dan mag hy haar slaan totdat sy aan hom onderwerp (Soera al-Nisa 4:34).

‘n Vrou se getuienis in die hof word beskou as die helfte van die waarde van ‘n man. Dit is waarom ‘n man se woord gelyk is aan die getuienis van twee vroue. Die vrou kry ook slegs ‘n agste van haar man se erflating as haar man ook seuns het. Die seun, selfs al is hy slegs ‘n baba, kry ‘n kwart. Sy waarde as ‘n seun is alreeds dubbel die waarde van sy moeder. Selfs die man se familie kom voor die vrou wanneer sy erflating verdeel word (Soera al-Nisa 4:7-11).

Kinders behoort alleenlik aan die man. ‘n Geskeide vrou mag die voorreg ontvang om haar kinders groot te maak tot hulle volwasse is. Die vrou woon gewoonlik nie alleen saam met haar man nie, maar saam met sy hele familie waar die skoonmoeder die eerste en laaste sê het. Die hoofbeginsel in die Islamitiese huwelik is nie die eenheid tussen man en vrou nie, ook nie hul samewerking om die lewe se probleme te oorkom nie, maar eerder die waarborg dat die stam sal bly voort bestaan. Die vrou is niks meer as ‘n hoë klas diensvrou vir haar man nie. Haar rol is om geboorte te gee aan baie seuns vir die stam en haar invloed vermeerder soos wat sy geboorte gee aan baie seuns. Wanneer sy geboorte gee aan dogters, dan word gesê, “O nee! Wat ‘n jammerte!”

As ‘n getroude vrou of enkellopende jong vrou in owerspel gevang word, dan beveel Mohammed dat sy 100 slae met ‘n sweep kry (Soera al-Nur 24:3) of gestenig word. ‘n Swanger vrou waarvan die pa onbekend was, is een keer na Mohammed gebring. Hy het haar weggestuur en haar laat terugkom kort na die geboorte. Hy het toe beveel dat die kind van haar weggevat word en dat sy dadelik gestenig word buite sy huis. Hoe groot is die verskil nie tussen Mohammed en Jesus nie. Jesus het uit Sy opofferende liefde die sondes van egbrekers op Homself geneem en in hul plek gesterf. Islam erken geen tussenganger as dit kom by die oordeel van God nie. Dit is waarom ‘n Moslem ander nie kan vergewe nie, maar ongenadiglik weerwraak neem.

Aangesien egbreek lewensgevaarlik is in Islam gebeur dit nie gereeld nie. Tog laat Islamitiese wet toe dat mans ‘n sekere vorm van wettige egbreek kan hê. ‘n Moslem kan sy vroue wegjaag en met iemand jonger trou. Selfs al verbied sommige Islamitiese lande die huwelik met baie vroue, heers die gees van Islam steeds by mans en vroue.

Die min waarde van vroue in Islam word selfs in die paradys voortgesit. Mohammed het gesê: "Die minste van die inwoners van die paradys is vroue." Tog wag daar op die mans verskeie plesiere met dosyne maagde wat maagde bly selfs al het hul seks met hul mans gehad. Selfs jong manne is tot die beskikking van Moslems in die paradys. Oor die vrou se toekoms het Mohammed gesê: "Toe ek die hel gewys is, het ek gesien dat 90 persent van die brandende inwoners vroue is."

Die paradys van Jesus Christus is geheel en al anders. In die hemel is Sy volgelinge verheerlik, soos engele van God wat nie trou nie. Die Koninkryk van God gaan nie oor eet of drink of die huwelik nie, maar oor geestelike liefde, vreugde en vrede in die krag van die Heilige Gees. Die werklike paradys is nie van hierdie wêreld nie. In vergelyking met die openbarings van Jesus, kan enigiemand nog die Koran as ‘n bron van Goddelike openbaring beskou? Die Koran gaan oor ‘n grootpraat van manlike gewoontes en oorheersing en is ver onder die standaarde van die Ou en Nuwe Testament.


4.09.7 - ‘n Oproep tot Bekering

Christene moenie op Moslems neerkyk nie. Daar is ‘n onbybelse vryheid in die Westerse wêreld vandag en daar is ‘n ongelooflike hoeveelheid egskeidings in die VSA en Europa. Dit verwoes die beskermde lewens van menige kinders wat wegloop van gebroke huise. Die seksopvoeding in skole is ‘n verleentheid. Hoe afskuwelik is die beelde in weeklikse koerante, tydskrifte, video’s en televisie. Tog protesteer slegs ‘n paar ouers daaroor!

Losbandigheid is die gevolg van ‘n gebrek aan ontsag vir God. Fotograwe in Europa het die weg gebaan vir alle moontlike vorme van onwelvoeglikheid. Die wegval van gemeenskap met God het seksuele chaos geskep. Geboortebeperking laat mense toe om aan onbeheersde wellus toe te gee. Die gebruik van kondome het egter nie die VIGS virus gestop nie. Dit is ‘n swaar straf vir enigiemand wat ontrou is aan sy vrou, vir homoseksuele persone, prostitute en enigeen wat dwelms gebruik. In Romeine 1:24 sê Paulus: "Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer." Die oordeel van God tref geen onderskeid tussen Moslem, Jood of Christen in naam nie. Om die gebod "Jy mag nie egbreek nie" oor te sien beteken dat miljoene hulself aan die gevaar van seksuele sonde blootstel. Die betekenis van die vers “die loon van die sonde” is vandag duideliker as ooit tevore.

Ongelukkig word baie onskuldige mense met VIGS besmet deur bloedoortappings. Dit is waarom dit onregverdig is om mense te veroordeel wat aan die siekte ly. Ons is nie beter as enigiemand wat in owerspel betrap is nie. Jesus weet wat ons in ons harte koester en daarom het Hy gesê, "Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery..." (Matteus 15:19). Ons besorgdheid is nie eerstens oor veiliger metodes vir beskerming teen VIGS nie, maar almal benodig ‘n rein hart, gees en nuwe denke. Dawid wat owerspel en moord gepleeg het toe hy aan wellus toegegee het, kan ons leer om te bid, "Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie" (Psalm 51:10,11).

Om hierdie woorde in opregtheid te bid en ons sonde aan Jesus te bely, waarborg Sy antwoord, "Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe " (Matteus 9:2; sien ook Lukas 7:48). Die Here van heiligheid gee ons die krag van Sy Heilige Gees om ‘n rein lewe te lei saam met die vergifnis van ons sondes. Jesus los ons nooit alleen in ons versoekings nie, maar Hy is gereed om ons te versterk sodat ons dit in Sy naam kan oorkom.

www.Grace-and-Truth.net

Page last modified on October 10, 2013, at 11:10 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.2.109)