Grace and Truth

This website is under construction !

Search in "Afrikaans":
Home -- Afrikaans -- 09. Comparisons -- 4.10 Eighth Commandment: Do Not Steal
This page in: -- AFRIKAANS -- Arabic? -- Armenian? -- Azeri? -- Bulgarian? -- Cebuano? -- Chinese? -- English -- Farsi? -- French -- German -- Gujarati? -- Hebrew -- Indonesian -- Norwegian? -- Polish? -- Russian -- Serbian? -- Spanish? -- Tamil -- Turkish? -- Uzbek -- Yiddish? -- Yoruba?

Next part -- Next part

09. VERGELYKINGS TUSSEN ISLAM EN DIE CHRISTELIKE GELOOF
Vergelykings 4 - Die Tien Gebooie

4.10 -- AGSTE GEBOD: MOENIE STEEL NIE



"Jy mag nie steel nie." (Eksodus 20:15)


4.10.1 - Aan Wie Behoort Eiendom?

In die begin het God die hemel en aarde geskep en alles daarin. Hy alleen besit die elemente, plante, diere asook ons. Ons is God se eie. Ons nie per ongeluk gemaak nie, maar deur die genade van God word Sy gedagtes en mag in elke kreatuur geopenbaar. God is die eienaar van die heelal. Aan Hom alleen behoort alles, ook goud en silwer. Ons is slegs rentmeesters van wat Hy aan ons toevertrou het. Ons is verantwoordelik vir alles wat Hy ons gegee het. Ons tyd, gesondheid, geld en eiendom behoort nie aan onsself nie, maar aan Hom alleen. Stem jy saam?

‘n Honderd jaar gelede het ateïstiese teorieë wat die bonatuurlike dimensie ontken het, na vore getree. Slegs die bestaan van materie is erken as iets wat vanself ontwikkel. God was ‘n ondenkbare idee. Dit is waarom kommunisme aanvoer dat mense die wêreld besit, nie God nie. Die heersende party het beheer oorgeneem van alle bates en eiendom van alle mense en lojaliteit aan die party het beteken dat hierdie bates met ander gedeel sal word. Baie mense was egter minder oortuig van hierdie kollektiewe filosofie en het daarom minder gewerk as wat hulle kon, en die finansies en eiendom van die land geplunder soveel as hulle kon. Dit is waarom Sjina en ander sosialistiese lande vooruit gegaan het deur nie-sosiale, private werk te doen. Skamele ekonomiese produksie het gewys dat die mens nie vir enige soort van sosialistiese en kollektiewe sisteem gemaak is nie. Ons is gemaak om ‘n lewe van totale verantwoordelikheid van die begin af te aanvaar. Die mens moet selfgemotiveer word, nie gedwing nie. Toe politieke herstrukturering (perestroika) plaasgevind het, het kommunistiese sisteme begin tuimel.

In die Weste het kapitalisme beteken dat elkeen die meester van sy eie tyd en geld was. ‘n Demokratiese sosiale sisteem probeer om ‘n paar krummels vir die armes te verseker terwyl die grootste deel van die koek tussen die rykes verdeel word. As daardie miljoenêrs maar hul verantwoordelikheid voor God besef het en tot inkeer gekom het! Hulle sou die armes erken het en hul behoeftes wou help tegemoet kom.

Kommunisme en kapitalisme het eintlik dieselfde doel. Beide wil eiendom en mag beheer. Dit is slegs in die manier waarop hulle beheer oor rykdom verkry wat verskil. Die konfiskering van eiendom in sosialisties lande is niks minder as diefstal nie. Die uitbuiting van die armes in kapitalistiese lande is ‘n slinkse manier van verraad en word deur die gebruik van die moderne media ondersteun.

‘n Christen moet egter besef dat alle eiendom aan die Skepper behoort. Ons is nie eienaars of onafhanklike meesters nie, maar slegs nederige rentmeesters. Niks behoort aan ons nie. Wat ons reeds het is niks meer as ‘n seën van God nie en ons sal verantwoording doen van hoe ons ons geld, tyd en inspanning aangewend het. Pasop vir wat jy doen en hoe jy dit aanwend!


4.10.2 - Liefde vir God en Hunkering na Geld

Jesus waarsku ons: "Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!" (Matteus 6:24). ‘n Christen kan nie optree asof hy die meester van sy eie geld is en dit nie vir God se gebruik beskikbaar te stel nie, anders is hy soos ‘n dief wat sy meester se geld steel. Daarom dat die manier waarop ons ons geld bestuur radikaal verander wanneer ons Christene word. Vermoënde Christene moenie vir hulself leef nie, maar moet God vra wat Hy wil hê hulle moet doen met die geld wat Hy aan hulle toevertrou het.

Ontwikkelende lande wat min industrie het, het steeds eers geestelike verligting nodig. Die geloof in die Drie-Enige God versterk verantwoordelikheid, ywer en opofferende gesindhede. Slegs ‘n verhouding met Jesus verhoed mense om korrup te word of slegs vir hul eie gesinne te werk; hulle sien eers dan die behoeftes van ander raak. As hul gesindhede nie verander nie, dan sal luiheid, diefstal en terrorisme aan die orde van die dag wees. Christus is die enigste hoop vir ons wêreld!

Die Bybel stel dit duidelik, “Moenie steel nie” en bevestig sodoende die reg op private eiendom. Ons moenie ander se rykdom begeer nie, want met meer rykdom kom meer verantwoordelikheid. Jesus het hierdie gebod verduidelik toe Hy gesê het: "dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan" (Matteus 19:24). Die rykdom van ander is egter nooit ‘n regverdiging om van hulle te steel nie, want elkeen wat steel is onder die oordeel van God.

In ons binneste weet ons dat ons nie mag vat wat nie aan ons behoort nie. Ons gewete is sensitief en waarsku ons om niks te steel nie, groot of klein. Ons moet onsself ondersoek en vra of ons iets het wat nie aan ons behoort nie. Die Here sal ons help om te besef wat aan ons behoort en wat aan iemand anders behoort as ons Hom vra. Ons moet Jesus ook die moed vra om terug te gee wat nie aan ons behoort nie en ons het nodig om vergifnis te vra. Gesteelde goedere sal ons gewete aankla en ons verhouding met Jesus vernietig. In ‘n evangelistiese byeenkoms in Afrika was mense aangemoedig om terug te gee wat hulle gesteel het. Sommige polisiemanne teenwoordig het gelag en na mekaar gekyk, want hulle het geweet dat elkeen van hulle gesteel het. Hierdie dinge gebeur oral en dit is genade van God wanneer ons ons sonde erken, daaroor berou het en dit versaak, bely en die skade vergoed. Ons moet altyd na Jesus draai en Hy sal ons help om die skade wat ons veroorsaak het, te herstel. Gee gou alles terug wat nie aan jou behoort nie!


4.10.3 - Moderne Diefstal

Wat is diefstal vandag? Dis nie net om te vat wat nie aan jou behoort nie, maar ook dinge soos geldverduistering, uitstel en tydsverkwisting by die werk. Elke vorm van bedrog is diefstal. Die verkoop van defektiewe goedere is om die koper te bedrieg. Soms is die waarde van ‘n item nie die prys werd nie. Om die belastinggaarder te mislei is ook diefstal. Daar is baie maniere waarop ons diefstal kan pleeg. As ons nie in die teenwoordigheid van ‘n heilige God leef nie, dan sal ons in die gevaar wees van verduistering en sonde teen Hom en Sy mense.

Die toets van die gewete geld ook vir landeienaars, base in besighede en ander mense in hoë posisies wanneer hulle hul werkers misbruik en hulle nie redelike lone vir harde werk betaal nie. Dis diefstal wanneer banke en individue hoë rentekoerse vra en dis ook verkeerd om op krediet te koop wanneer ons weet dat ons dit nie kan terug betaal nie. As ons nie ons gewetens oefen in die opregtheid van die Heilige Gees nie, dan loop ons die gevaar om ons geregtigheid en redding te verloor deur hebsug en afguns op eiendom. Paulus het dit duidelik gestel: "Geen...diewe of gierigaards ... sal die koninkryk van God beërwe nie" (1 Korintiërs 6:10).

In ons moderne samelewing het diefstal verskeie vorme aangeneem. Sommige mense misbruik die telefoon by die werk vir persoonlike oproepe. Ander steel in die winkels of steel motors. Ander versprei dwelms gratis om die gebruikers daarvan afhanklik te maak en forseer hulle dan later om vir meer dwelms te betaal om hul verslawing te onderhou. Verslaafdes steel en pleeg dan ander misdade om geld in die hande te kry. Rekenaarbedrog en sagteware diefstal is ‘n moderne vorm van diefstal wat die gewete van baie mense beïnvloed.

As ons nie ‘n nuwe hart van Jesus aanvaar nie, dan maak ons onsself oop vir baie versoekings. Ons moet daarteen waak dat geldmakery nie ons hoofdoel in die lewe word nie, anders sal ons materialisties word en ons vreugde in die Here verloor. Moenie vergeet dat afguns en hebsug steeds die rede vir baie boosheid is. Iemand wat geld sy doel maak verander die gesindheid van sy lewe. Sy hart verhard, sy liefde word koud en alles wat hy doen is uit ‘n begeerte na geld. Geld sal die fokus van sy lewe word en God is dan nie meer die middelpunt nie.

Jesus het verkies om as ‘n arm mens te leef eerder as om in die gevare van rykdom betrokke te raak. Judas wat Hom verraai het, was ‘n dief in beheer van finansies (Johannes 12:6) en het homself op die ou end gehang.

Paulus het in ywer met sy hande gewerk. Hy het homself nie opgedring aan ander mense nie. Hy het nie net sy eie inkomste verdien nie, maar ook ander gehelp sodat die Evangelie verkondig kon word.


4.10.4 - Werk en Opoffering

Baie nuwe gelowiges het nodig om hul gesindheid teenoor geld te verander en eerlike werk doen, want om te bedel en vir ander te wag vir hulp, is nie eerbaar nie en verseker nie ‘n voldoende inkomste nie. Die vierde versoek in die Ons Vader is "Gee ons vandag ons daaglikse brood." Dit beteken dat ons met vertroue kan bid tot ons hemelse Vader om ons ‘n geskikte werk te gee en ons te seën met gesondheid en volharding om dit te doen – maak nie saak hoeveel moeilike situasies ons mag teëkom nie.

As ons werklik onder God se leiding leef en met ywer werk, dan het ons nie nodig om te steel of van ander afhanklik te wees nie. Ons sal nie net geseën wees om na ons gesinne om te sien nie, maar ook om die behoeftiges te help asook om deel te hê aan die Here se werk. Dis meer geseënd om te gee as om te ontvang (Handelinge 20:35; Efesiërs 4:28; 1 Tessalonisense 4:11).

Jesus het een keer ‘n ryk jong man, ‘n vrome man wat die Tien Gebooie onderhou het, ontmoet. Die Here het hom liefgehad en wou hom vrymaak van sy verborge bindinge. Daarom het Hy vir hom gesê, "As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê" (Matteus 19:21). Die jong man was teleurgesteld toe hy dit hoor, want hy was ryk. Hy het Jesus verlaat. Geld was vir hom belangriker as die Seun van God. Van tyd tot tyd moet ons onself ondersoek om te sien of ons Jesus as eerste prioriteit volg en of ons eerder in ons besittings en geld in die bank vertrou (Markus 10:19; Lukas 18:10). Jesus wil ons vrymaak van ons vertroue in geld. Ons het nodig om aan Hom oor te gee en opoffering ons hoofdoel in die lewe te maak. Net soos die Here Homself geoffer het as losprys vir baie, so het ons nodig om ander met blymoedigheid te help op praktiese maniere. God wil ons vrymaak van vertroue in geld en ons vertroue in Hom versterk.

Lede van die vroeë kerk het mekaar liefgehad in geestelike gemeenskap terwyl hulle ywerig gewag het vir die wederkoms van ons Here Jesus Christus. Hulle het hul eiendomme verkoop en saam op die inkomste geleef. Hulle het mekaar vrywilliglik in liefde gedien. Anders as kommunisme was niemand geforseer om enigiets te deel nie. Tog kon die vroeë Christene nie hierdie sosiale sisteem vir lank onderhou nie. Baie Christene was besig om arm te word omdat Christus nie gekom het soos wat verwag is nie. Hulle het erg gely toe hongersnood die land getref het. Paulus het toe al noemenswaardige hoeveelhede geld as offers bymekaar gemaak by kerke in die Griekeland en Turkye van vandag en dit na die oorspronklike kerk in Jerusalem gebring.

Paulus het die betekenis van die waarde van werk verander toe hy verklaar het, "En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie" (Kolossense 3:23). Sedertdien word enige eerbare werk as ‘n vorm van aanbidding tot God beskou. As ‘n moeder dus haar kinders versorg of as ‘n werker die strate vee of as ‘n leraar op Sondae preek, dan is elke goeie werk ‘n diens aan God. Ons moet onsself toets en vra, “Wie dien ek?” Dien ons onsself, ons gesinne, ons werkgewers, die staat of leef ons vir God? Gebed en werk is essensieel tot die Christelike lewe.


4.10.5 - Islam en Eiendom

Islam bevestig die Skepper as besitter van alles wat Hy gemaak het. Dit keur ook individuele eienaarskap van dit wat God aan ons toevertrou het goed. Eiendom is ‘n gawe van God vir enigeen wat gereeld bid en leef volgens Islamitiese wet. Die Oosterling leef nie eerstens as ‘n geïsoleerde, onafhanklike individu nie, maar as ‘n lid van ‘n stam. Eiendom, oliebore en waterputte word vir generasies totaal deur die stam beheer. Die gesin is die veilige toevlug waarheen die oues, die siekes, die kreupeles en selfs die misdadiger kan gaan. Tot onlangs was daar nie in die Midde-Ooste behoefte aan sosiale welsyn en lewensversekering nie, maar met die toename in moderne tegnologie is werkers in dorpies geïsoleer en het welsynsorganisasies nodig begin word.

Moskees en Islamitiese stigtings word befonds deur godsdienstige belating (zakat) en offers (sadaqa). Finansies word beheer en word aangewend sonder enige toesig deur die regering omdat dit deur godsdienstige regulasies bestuur word asof dit die pad gelyk maak vir die Moslem om die paradys binne te gaan. As iemand ‘n moskee op aarde bou, dan hoop hy om ‘n kasteel in die hemel te verkry.

Met Islam se aanvang was die verspreiding van waardevolle oorlogsbuit onder Moslemvegters ‘n goeie manier om die animiste oor te wen wat nog nie hul gedagtes opgemaak het oor of hulle Islam gaan aanvaar nie. Mohammed het hierdie strategie gevolg, selfs met vyande, “om hul harte aan Islam gewoond te maak”. As ‘n heiden Islam nie aanvaar het nie, dan was hy vermoor of as slaaf gemaak. Volgens die Koran en Islamitiese wet is slawe die eiendom van die Moslem en hubare slawemeisies was tot die beskikking van hul meesters (die slawe se ouers moes hiertoe instem). Die slawehandel het vir lank in die Islamitiese wêreld gefloreer. Dit het ‘n burgeroorlog in Amerika gekos om die slawehandel daar tot ‘n einde te bring.


4.10.6 - Swaar Strawwe in Sjaria vir Diewe

Islam is verplig om swaar strawwe aan diewe op te lê: die dief se regterhand is afgesny as hy meer as ‘n seker bedrag gesteel het; by ‘n tweede oortreding is sy been afgesit. Dit het die voorkoms van diefstal in Islamitiese lande tot ‘n mate beperk, maar hoewel vrees die hoofmotivering is om hierdie wet na te kom, is daar steeds gereelde insidente van diefstal in Iran, die Soedan en ander Islamitiese lande, waar hande en voete soms in die publiek afgesit word. Khomeini het ‘n wet uitgevaardig om ‘n dief se hand af te sny sonder verdowing. Die Islamitiese wet in Soedan was vir vier jaar beëindig en ‘n honderd mense met geamputeerde hande het toe ‘n organisasie gestig vir hulle wat deur die wet vermink is. Hulle het die regering gevra om hulle te vergoed en ‘n pensioen te betaal omdat hul hande afgesit is onder ‘n wet wat nie meer bestaan nie. Deel van hierdie groep was ongeveer twee dosyn mense waarvan hul linkerbene geamputeer is omdat hulle weer gesteel het.

Swaar strawwe volgens die Sjaria maak diewe se gesindheid nie beter nie, maar maak dit vir hulle onmoontlik om te werk en stel hulle bloot aan publieke skande. Dink aan wat sal gebeur in al die lande van die wêreld as elkeen wat iets waardevol gesteel het se regterhand afgesit word. Hoeveel mense sal oor wees met twee gesonde hande? Sjaria is nie gepas vir vandag nie.


4.10.7 - Hoe het Jesus en Sy Volgelinge Ander van Diefstal Ontmoedig?

Jesus het ‘n beter manier gebied om diefstal te oorkom. Hy het nie die nasie se strawwe vir diefstal oorbodig gemaak nie. Hy het die ewige straf gedra sodat Hy versoening kon bied vir almal wat gesteel het. Uit dankbaarheid vir Sy lyding en opoffering sal ons nooit iets neem wat nie ons s’n is nie.

Die Gees van waarheid het ons vrygemaak van die gees van diefstal. Hy versterk ons nuwe hart om in God ons Vader te vertrou sodat ons Hom kan vra om ons ‘n geskikte werk te gee om ons daaglikse brood te verdien presies soos ons in die Onse Vader bid. Ons verval nie bekommernis nie, want ons is seker dat ons hemelse Vader vir ons sorg en ons nooit sal los nie. Die volgende is waar vir die volgeling van Christus: "Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het" (Efesiërs 4:28).

Jesus het Sy volgelinge met ‘n nuwe hart toegerus waar ‘n betekenisvolle lewe nie in terme van geld of besittings gemeet word nie, maar in geestelike lewe waar liefde en dankbaarheid geld. Ons Here het ons vrygemaak van suinigheid en afguns. Hy het ons geleer dat elke ryk man ernstige versoeking beleef wat hom wil beheer. Ons moet dus weer nadink oor hoe ons ons geld spandeer en daaroor teenoor God verantwoording doen, want ons is rentmeesters van wat Hy ons gegee het.

‘n Christen kyk na die armes met liefde en beplan om hulle te help sodat hulle kan verantwoordelikheid neem vir hulself en eerbaar en hard sal werk. Ons moet wyse maniere vind om behoeftiges te help om hulleself te help, tensy hulle ongeskik is om te werk. Elke lid van ‘n kerk is geroep om hieraan deel te hê. "Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde." (Jakobus 4:17)

Liefde vir God is die belangrikste reël in die lewe van elke Christen, nie die vrees vir straf nie. Dis die groot offer aan die kruis en nie ons goeie werke nie, wat ons sonde wegneem. Ons dank Jesus wat ons motiveer om in die waarheid te lewe met tevredenheid en ywer. In stede daarvan om wette op eiendomme af te dwing of belasting te vereis, het Jesus die harte en gedagtes verander van hulle wat Hom gevolg het. Dit het die kulture van alle eeue beïnvloed. "Net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie" (Matteus 20:28).

www.Grace-and-Truth.net

Page last modified on October 10, 2013, at 11:15 AM | powered by PmWiki (pmwiki-2.2.109)